Handleiding en e-boek

Ek het 11 handleidings beskikbaar waarin daar wenke vir en inligting oor disleksie, aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit is. Die handleidings het ek by seminare gebruik en hulle is slegs in Afrikaans beskikbaar. Ek verkoop hulle uit, omdat ek nie meer klas gee of seminare aanbied nie.
Verder het ek ’n e-boek beskikbaar wat ek as PDF aan jou kan stuur sodra ek die R140,00 ontvang het. Die e-boek is geskik vir ouers, onderwysers, studente en navorsers en die inhoud sluit die volgende in: ‘n verduideliking oor wat dit beteken om ‘n leerprobleem te hê; waar leerprobleme vandaan kom; ander benaderings tot leerversteurings; navorsing en navorsingsresultate oor ’n spesifieke leermetode vir disleksie; ‘n profiel van die kind met ‘n leerversteuring, en talle wenke oor wat daar aan leerversteurings gedoen kan word.
Die handleiding is beskikbaar teen R60,00 (wat posgeld insluit) en die e-boek kos R140,00. As jy die handleiding wil aankoop, moet jy net eers vir my ’n e-pos stuur (rene@rene-engelbrecht.co.za) om uit te vind of daar nog oor is. Dan moet ’n bewys van betaling, jou volle naam en adres aan my per e-pos gestuur word of ’n faks (086 617 2961) met dieselfde inligting. Ek sal dit dan so gou moontlik aan jou stuur. Jy hoef nie vooraf te hoor of die e-boek beskikbaar is nie, maar verder verloop die prosedure dieselfde.
My bankbesonderhede is:
ABSA-spaarrekening: R. J. Engelbrecht; rek. nr: 1458300123; takkode 523410 Sanbel. Gebruik jou voorletters en van as verwysing.
Ns. Onthou, daar is net 11 handleidings beskikbaar.