Tuis
Het jou kind probleme met leer, lees, skryf of konsentrasie? Is die akademiese eise van skool, kollege of universiteit eenvoudig te veel? Het hierdie stryd ’n sielkundige uitwerking of jou kind? Ek het jare lank kinders, studente en selfs volwassenes met disleksie, aandagtekort-hiperaktiwiteit-versteuring (ATHV) en ander studie- of leerprobleme gehelp om hierdie probleme te oorkom. Ek het van verskeie tegnieke gebruik gemaak, maar veral van Neuro-Linguistiese Programmering, hipnoterapeutiese ontspanningsmetodes, Emosionele-Vryheid-tegnieke (EFT) en ook multi-sensoriese metodes.
Ongelukkig het omstandighede buite my beheer my gedwing om my kliniek te sluit. Jy kan my egter steeds skakel of e-pos stuur vir raad en inligting. Ek sien uit daarna om met jou kennis te maak …
|
|
|
|


